Jy is hier >   Oorde > Limpopo > Koro-Koro Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Koro-Koro Karavaanpark

 
StarStarStarStar



Aanskou Koro-Koro Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 082 908 4448
E-POS: info@koro-koro.co.za
URL: www.koro-koro.co.za
GPS: S24 53 27.33 E028 07 10.50

‘n Hartlike verwelkoming wag op ons gaste by Koro- Koro geleë aan die voet van die toweragtige Waterberg Bergreeks. Koro-Koro betekende “plek van die Geelneus Horingvoël”, is ‘n privaatoord, omring deur bosveld en bied tuiste aan verskeie diere en voëlspesies.

 

HOE KOM JY DAAR:
Volg die N1 Noord Hoofweg vanaf Gauteng na Polokwane, neem die Warmbad (Bela-Bela)/Settlers adraai. Draai links en ry na Warmbad (Bela-Bela). Ry deur die middestad van Warmbad (Bela-Bela) al langs Chris Hani Rylaan verby die Aventura Oord tot by die verkeerssirkel en draai links. Dit is die Nuwe Rooiberg pad – die R516 na Rooiberg en Thabazimbi. Volg die R516 vir 17.4km en draai dan links by die Koro-Koro aanwysigingsbord. Volg die grondpad vir 1.7km tot by Koro-Koro se hoofhek aan die regterkant.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons staanplekke bied ‘n wonderlike bosveld-atmosfeer, omring met grasgroen grasperke en skadubome. Daar is 31 staanplekke met 16 familie badkamers in die hoof area van die karavaanpark. Vir die kampeerder wat meer rus en vrede soek, bied ons 21 staanplekke met 9 familie badkamers aan. Hierdie staanplekke is meer afgesonder maar nog steeds loop afstand na al die geriewe beskikbaar. Uiterse skoon wassery en opwas geriewe beskikbaar.

 

AKTIWITEITE:
Wees net lui langs die swembad en voel hoe die Afrika bosveldbriesie jou vel kielie of gaan stap, ry fiets of ry self (R100 per voertuig) in ons 100ha wildskamp en geniet die wild en natuur. Kom geniet 'n skemerkelkie onder die welbekende reuse Maroela Boom (± 400 jaar oud). Zebula Golf Estate en Spa vir die wat wil gholf speel of gepamperlam wil word is ook naby die oord geleë.

 

VIR KINDERS:
Kinders bring jul fietse saam en verken die bosveld…... Trampolien, Klimraam pooltafel, warm en koue swembad.

 

TARIEWE:

Periode
Staanplek
Vereistes
 
Pryse sluit in 4 persone en 1 voertuig
Normaal
R300 per nag
Geen
Vakansies & lang naweke
R385 per nag
Geen
Desember 2011
R420 per nag
Minimum verblyf van 7 nagte


Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM GENIET 'n SKEMERKELKIE ONDER ONS REUSE MAROELABOOM!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum