Jy is hier >   Oorde > Limpopo > Jobedi Wildreservaat
Register   |  Teken aan

Jobedi Wildreservaat

 



Aanskou Jobedi Wildreservaat in 'n groter kaart

TEL: (014) 755 3993 of (014) 7554931, Faks 086 612 9937, Mobiele foon 073 280 8670
E-POS: game@jobedi.co.za
URL:  www.jobedi.co.za
GPS: S24 02.01 E28 17.38

 

Diep in die Waterberge vind jy Jobedi Wild Reservaat. Hierdie natuur-geheim is geleë in ‘n groot rotsagtige landskap met groen bosveld en asemrowende uitsigte. Jobedi is slegs 2.5ure se ry van Johannesburg af en is net buite Vaalwater in Limpopo.
 
 

HOE KOM JY DAAR:
Neem N1 na Polokwane en draai af by die Kranskop tolhek. Draai links na Modimolle. Ry deur Nylstroom in rigting Vaalwaer. By die 4 rigting stop in Vaalwater draai regs en ry na Melkrivier. Plus minus 31km op die Melkrivierpad sal jy die Dorset en Sondagloop strate kry, Draai links en dadelik weer regs en ry aan vir 6km op die grondpad.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die Google kaart).

 

KAMPERING:
Ons grasgroen staansplekke onder skadubome bied enige kampeeder die geleentheid om te ontspan by ‘n heerlike kampvuurtjie terwyl die jakkals in die agtergrond huil. Kragpunte en waterkrane is beskikbaar. Ons het drie ablusieblokke waarvan een toegerus is met warm water.

 
Gaan op een van ons begeleide wildritte en bespied die luiperd en ander wild. Jobedi is een van die enigste reservate wat jou die geleentheid bied om met jou 4 x 4 op een van ons roetes te speel. Daar is tans 28 wild spesies en 260 voëlspesies te sien op Jobedi. Ons spog ook met 280 verskillende boomsoorte. Vang vis op ons dam (bring eie gereedskap).
 
 

VIR KINDERS:
Vir die kinders is daar tafel tennis, pooltafel, DSTV, klein museum, swembad en kanoeritte op die dam.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die reservaat by bogenoemde kontak nommers om die nuutste tariewe te kry.

  KOM KAMP EN RY ROND MET JOU 4x4!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum