Jy is hier >   Oorde > Limpopo > Forever Resorts - Warmbad
Register   |  Teken aan

Forever Resorts - Warmbad

 

StarStarStarWENNER VAN "2010 AA ACCOMMODATION AWARD" - RESORT WITH VARIED ACCOMMODATION




View Forever Resorts - Warmbad in a larger map

TEL: 014 736 8500
E-POS: warmbathsres@foreversa.co.za
URL: www.foreversa.co.za
GPS: S24 53.10 E28 17.31

Warmbad is slegs een uur se ry vanaf Pretoria en een van die gewildste oorde in die area. Geleë in ‘n Afrika bosveld atmosfeer bied hierdie oord (al is die warmwaterbron sonder twyfel die hoof-trekpleister) die vakansieganger ‘n unieke en onvergeetlike ervaring aan.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Johannesburg en Pretoria:

Neem die M1 Noord vanaf Johannesurg, neem dan die N1 Noord (Ben Schoeman) na Pretoria. ±100km Noord van Pretoria draai af by die Settlers/Bela-Bela afdraai. Draai links na Bela-Bela ry ±8km. By die T-aansluiting lê die oord reg voor. Draai regs, oor die treinbrug en weer links in die eerste straat. Volg die pad na links om die ingang te vind.
 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Die 285 staanplekke is geskik vir karavane, maar tente is ook welkom. Elk van die staanplekke het sy eie kragpunt, kraan en vullisdrom, wat daagliks skoongemaak word. Die meeste staanplekke het gras en baie skadu. Die kampterrein word deur 8 ablusieblokke met opwasgeriewe bedien met graniet afwerking. Daar is ook braaigeriewe en roosters beskikbaar: 1 braaier per staanplek.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Besigtig ‘n oorvloed van wild – witrenoster, kameelperd en veskeie boksoorte- in die 14 hektaar wildreservaat met begeleidingstoere of perdry safaris. Verkwik jou liggaam en siel deur verskeie Hydro-behandelings beskikbaar by die oord te geniet. Hier is ook staproetes, bergfietspaaie, ‘n foefieslaaid, kunsmatige-river, tennisbane….noem maar op. Dis nou buiten die talle binnenshuise- en buite-swembaddens- warm en koud, vir grootmense sowel as die kinders. Ander fasiliteite is: winkel, slaghuis, drankwinkel, verskeie restaurante en 'n vulstasie.

 

VIR KINDERS:
Waterglybaan, minigholf, ski-spoedglybane, mini “Go-Karts” en 4-wiel motorfietse, vlugbal, speelparkie en “Wall climbing”. Definitief ‘n goudmyn vir die kinders en vele vermaak vir die hele gesin.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  LIMPOPO SE BESTE WARMWATEROORD!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum