Jy is hier >   Oorde > Limpopo > Forever Resorts - Tshipise
Register   |  Teken aan

Forever Resorts - Tshipise

 
StarStarStar



View Forever Resorts - Tshipise in a larger map

TEL: 015 539 0634
E-POS: tshipise@foreversa.co.za
URL: www.foreversa.co.za
GPS: S22 36.20 E30 10.24

Tshipise is geleë aan die voetenent van die “berg wat blaas” – die Tshipise Koppie, in ‘n landskap besaai met oer-oue (“onderste bo”) Kremetart & Mopani, Vaderlandswilg & Jakkelsbessie bome. Sonnige weer dwarsdeur die jaar is aan die orde van die dag. ‘n Ideale oornag-oord oppad na Zimbabwe of ‘n heerlike uitspan vir jonk en oud is waarvoor hierdie oord bekend staan.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Johannesburg/Pretoria en Polokwane:

Neem die N1 na Polokwane, hou aan ry op die N1 na Louis Trichardt (117km). Ry aan tot by Mopanie (68km). Draai regs op die R525 tot by Tshipise (30km).
 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Die 370 karavaan en tentstaanplekke geleë onder lieflike koelte bome is almal toegerus met kragpunte en word gediens deur 7 ablusieblokke wat daagliks skoongemaak word. Daar is ook braaigeriewe en roosters beskikbaar : 1 braaier per staanplek.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Deurweek jou liggaam met die bosveld atmosfeer om ‘n groot vreugdevuur of om ‘n potjie. Baljaar in die verskeie swembaddens beskikbaar of streel die skete en pyne weg met die warmwater terwyl jy in die rumetiekbad lê en ontspan. Speel tennis, rolbal of jukskei (in seisoen). Geniet die weelderige natuurskoon vanaf die rug van ‘n perd, verken oer-oue rotsformasies, gaan vir wildritte of stap een van die vele staproetes beskikbaar. Ander fasiliteite is: toegeruste winkel, drankwinkel, slaghuis, restaurant, kroeg en wassery.

 

VIR KINDERS:
Swembaddens warm en koud, minigholf, pooltafels, wipmatte en speelparkie. Vermaaklikheidsprogramme word aangebied gedurende skoolvakansies en Tshipise is welbekend vir sy besige Junie/Julie seisoen.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

 LEKKER WARM WEER REGDEUR DIE JAAR!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum