Forever Resorts – Phalaborwa Safari Oord

 
StarStarStarStar


TEL: 015 781 7500
E-POS: safarires@foreversa.co.za
URL: www.foreversa.co.za
GPS: S23 56.45 E31 09.48

Slegs 100km vanaf die Phalaborwa Kruger Nasionale Wildtuinhek is hierdie juweel van ‘n oord. Die ongerepte natuurlewe en die feit dat die oord reg langs die Kruger Nasionale Wildtuin geleë is is beslis een van die talle trekpleisters vir kampeerders. ‘n Paradys om te verken en ‘n opregte bos avontuur is die kern van die vakansie oord.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Johannesburg en Pretoria:

N1 Roete:
Neem die N1 na Polokwane. Volg die R71 deur Tzaneen en Gravelotte. Bly op die Kruger Nasionale Wildtuin roete deur Phalaborwa. Forever Resorts – Phalaborwa Safari Oord is by die ingang van die Kruger Nasionale Wildtuin geleë.
N4 Roete:
Neem die N4 deur Belfast, Dullstroom, Lydenburg, Ohrigstad. Volg die Phalaborwa padaanwysings tot by die T-aansluiting.
 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Met 47 pragtige karavaan en tentstaanplekke wat grootliks bedek is met gras en baie skadu, sal jy keer op keer hierdie oord wil besoek. Elk toegerus met ‘n kragpunt. 2 pragtige ablusieblokke met graniet afwerkings word daagliks skoongemaak en heg ‘n nuwe betekenis tot gerieflike kampering. ‘n Wassery is ook beskikbaar. Daar is ook braaigeriewe en roosters beskikbaar : 1 braaier per staanplek.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Verken die pragtige natuurskoon, gaan swem in die rotsswembad of ontspan om ‘n tradisionele braaivleisvuur onder die sterrekombers van die Afrika hemel. Gaan vir ‘n wildrit in die Kruger Nasionale Wildtuin of besoek die naby geleë Olifant Museum, Luiperd Projek of Reptiele Park. Vir die natuurliefhebbers is daar die tydlose skoonheid van die Blyderivier Canyon of sommer net tyd vir ‘n potjie gholf by die naby geleë gholfbaan. Ander fasiliteite is: klip swembad, staproetes, voëlkyk. Naby die oord: toegeruste winkel, drankwinkel, restaurant, vulstasie en OTM.

 

VIR KINDERS:
Swembad. Naby die oord: perdritte, “quad bike”.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM VERTOEF BY ONS OP PAD NA DIE KRUGER WILDTUIN!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum