Constantia Mineralebronne en Karavaanpark

 
 



Aanskou Constantia Mineralebronne en Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 014 743 0454/7
E-POS: constantiamineralebron@vodamail.co.za
URL: www.constantia.caravanparks.co.za
GPS: S24 24.605 E28 44.378

Constantia Mineralebron is geleë digby Naboomspruit in die ongerepte bosveld natuur en aan die voet van die Waterberge, slegs sowat 2 ure van Pretoria.

 

HOE KOM JY DAAR:
Neem die N1 na Polokwane. Ry deur Kranskop Tolhek. Neem die Naboomspruit / Mokopong tolhek afdraai. Draai links by die 2de verkeerslig in Naboomspruit. Ry aan tot by T-aansluiting, draai regs. Ry 10km tot by ons hek.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Die kampeerterrein bestaan uit 50 gewone karavaan-/tent staanplekke, verskeie daarvan met boom beskutting. Elkeen met sy eie kragpunt van 15 amps. Hierdie staanplekke deel ‘n groot gerieflike ablusie eenheid wat sentraal geleë is vir u gerief. Tweede opsie, ons kampeerterrein wat bestaan uit 10 luukse staanplekke wat elk beskik oor sy eie ablusie en klein kombuis asook eie braaigeriewe.

Dan is daar die “Boskamp” wat bestaan uit 15 staanplekke. Elkeen het sy eie braaigeriewe en deel gesamentlike ablusie geriewe. Hierdie ablusie is slegs vir die gebruik van die “Boskamp” bewoners en elke staanplek kry ‘n sleutel wat toegang tot die ablusie verleen.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Die Oord beskik oor sy eie wildspark wat ‘n verskeidenheid wild spesies aanhou. Dit sluit egter die Groot 5 uit. Die wildspark beskik oor staproetes wat in die park aangedui word, maar dit kan ook per motor of met die park se wildbesigtingingsvoertuig besoek word.

Vir die voëlliefhebber is daar ‘n baie ryk voëllewe orals op die oord om te besigtig. Die Oord beskik ook oor ‘n Jacuzzi kamer met 5 jaccuzzi’s, ‘n Sauna kamer en ook 2 masseerstoelle wat sommer gou al die stres van die stadslewe kan afskud.

 

VIR KINDERS:
Daar is baie te doen vir die kinders in die Oord. Ons het ons eie “Big Wheel” en verskeie klimrame en swaaie wat elektries aangedrewe is. Ons spog ook met ons eie klein treintjie vir kleuters. Daar is ‘n heerlike glybaan vir die ‘Groter Kinders” wat natuurlik oud en jonk insluit. Pooltafels en veerpyltjieborde in die kroegarea asook ‘n lekker mini gholfbaan op die oord.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KAMP AAN DIE VOET VAN DIE WATERBERGE!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum