Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Xaxaza Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Xaxaza Karavaanpark

 
 



Aanskou Xaxaza Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 035 340 1843/340 2496
E-POS: xaxaza@mtunzini.co.za
URL: www.xaxaza.co.za
GPS: S 28 57.5121, E31 44.4210

 

Xaxaza Karavaan Park is slegs 4km vanaf die spierwit strand van Mtunzini en die Mtunzini riviermond geleë. Ons nooi jull hartlik uit om julle vakansie by ons baie populêre oord te geniet, waar ons klimaat sub-tropies is en ‘n groot verskeidenheid besieningswaardighede julle sal vermaak.
 
 

HOE KOM JY DAAR:
Na die Mtunzini Toll Plaza op die N2 neem die Mtunzini afrit en ry na Mtunzini. Draai regs in Mimosa weg en ry verder vir ongeveer ‘n kilometer. Xaxaza karavaanpark is aan die linkerkant aan die einde van die pad.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“klik” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die kaart).

 

KAMPERING:

Ons bied grasgroen staanplekke onder groot skadubome (verskeie staanplekke met eie ablusie en kombuis). Elk met eie kragpunt. Ten volle toegeruste wassery en uiters netjies ablusieblokke.
 
Xaxaza is die ideale wegspringplek vir ‘n besoek aan die Hulhluwe, Umfolozi of Mkuzi wildparke. ‘n Internasionale gholfbaan is ook baie naby geleë. Ander aktiwiteite is verskeie staproetes, ponieritte en perdry kan gereël word, diepsee visvang, tennis, muurbal, en rolbal is ook net ‘n hanetree van ons af. 

 

VIR KINDERS:
Swembad, speelterrein, speletjieskamer, snooker en pooltafels.

 

TARIEWE:
Skakel gerus die karavaanpark by bogenoemde nommers vir die nuutste tariewe.

 

  AS JY KLAAR BY ONS GEKAMP HET SAL JY ONS NAAM KAN UITSPREEK!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum