Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Voetplaatpark
Register   |  Teken aan

Voetplaatpark Karavaanpark

 
 


TEL: 039 681 3325
E-POS: voetplaat@telkomsa.net
URL: www.voetplaatpark.co.za
GPS: S30° 40.042', E30° 30.717'

Voetplaatpark, dikwels verwys na as die juweel van KwaZulu Natal se laer Suidkus, is 'n volledige vakansieoord vir gesinne bestaan uit Cabanas (Dubbelverdieping Eenhede), Strandhuise en 'n unieke Woonwapark. 'n Aantal eenhede besik oor 'n see-uitsig en is almal loopafstand na die strand. Die Oord is geleë te Sunwich Port, ongeveer 100km suid van Durban en 10km noord van Port Shepstone.

HOE KOM JY DAAR:
Neem die N2 Suid vanaf Durban na Port Shepstone. Draai links by Afrit 72 om op die Hibberdene pad (R102) te kom. Ry reguit vir ongeveer 15 kilometer en draai dan links by die bordjie.  Die karavaanpark sit aan jou linkerkant.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

KAMPERING:
Die karavaanpark beskik oor 52 staanplekke.  Die staanplekke is meestal geplaveer met plek-plek nog 'n staanplek met gras. Die 20 Gewone staanplekke het toegang tot die gedeelde ablusie geriewe.  'n Verdere 24 het hulle eie privaat badkamers (met baddens) en kombuis (Luuks).  Die laaste agt staanplekke het ook privaat badkamers en kombuise, maar die badkamers is toegrus met 'n stort en bad (Superluuks). 

VIR KINDERS:
Die Oord beskik oor 'n varswater swembad en daar is 'n ontspanningslokaal met spelpottafels, tafeltennis, sokkertafel en pyltjiebord. Die lokaal is beskikbaar vir kleiner funksies maar let asseblief daarop dat eie toerusting verskaf moet word.  'n Getye swembad onmiddellik voor die Cabanas verskaf genotvolle uurtjies aan die jongspan sowel as die meer senior besoekers. Uitstekende rotse vir die visserman is binne loopafstand van die park.

Op die perseel is 'n Restaurant/kroeg waar besoekers kan ontspan en goeie etes nuttig. Die wegneemete kafee voorsien ook in die daaglikse behoeftes.

TARIEWE:
 

WOONWASTAANPLEKKE
SUPERLUUKS
4 Persone
LUUKS
4 Persone
GEWONE
4 Persone
EKSTRA PERSONE PER DAG
 
BUITE SEISOEN MAANDE
R170.00
 
R150.00
 
Nie van Toepassing
Volwassene R70/Kind R50
 
MIDDEL SEISOEN
Junie/Julie September/Oktober
R300.00
R260.00
R230.00
Volwassene R75/Kind R55
 
HOË SEISOEN
Desember/Januarie Maart/April
R390.00
R360.00
R300.00
Volwassene R80/Kind R60
 
BAIE BELANGRIK: Hierdie tariewe is van toepassing op vier persone (Volwassenes of kinders) daarna ekstra
 
 
DEPOSITOS
30% van totale bedrag verskuldig
Deposito’s betaalbaar binne 30 dae na bespreking gemaak is. Indien nie, sal die bespreking outomaties gekanselleer word sonder enige verdere kennisgewing in die verband. Deposito’s nie terugbetaalbaar
 Alle kostes onderworpe aan wysigings sonder kennisgewing.

 

KOM HOU LEKKER VAKANSIE!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum