Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Villa Spa Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Villa Spa Karavaanpark

 
StarStarStarStar



Aanskou Villa Spa Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 031 916 4939
E-POS: info@villaspa.co.za
URL: www.villaspa.co.za
GPS: S30 07.04 E30 50.51

 

Hier by Villa Spa verstaan ons dat jy dalk net op die strand wil ontspan, dalk na dolfyne en walvisse wil kyk, of aan die sardientjie loop wil deelneem. Ons is nie net naby hierdie geleë nie maar ons is deel daarvan. Ons is slegs 2min se stap na die naaste strand.

 

HOE KOM JY DAAR:
 

Ry op die N2 Suid verby Amanzimtoti. By die T-aansluiting R102 draai regs. By die volgende robot draai regs en ry 3.5km oor die Illovorivier tot by die petrolstasie. Draai skerp links in Elizabethlaan. Ons is op regterkant 400m verder.
 
Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - regs onder op die kaart).
 

KAMPERING:
Ons 40 staanplekke spog met lower groen grasperke en groot skadubome. Elke staanplek het sy eie kragpunt en water aansluiting. Ablusieblokke is netjies en uiters skoon. Wassery beskikbaar.

Indien jy net wil ontspan of wil visvang (diepsee, vanaf rotse, rivier of lagoon), of net wil stap, is Villa Spa die vakansieoord vir jou. Vir die sportiewe vakansieganger is daar 5 gholfbane om van te kies, skubaduik en snorkel by die naby geleë Aliwal-visplaat. 
 
Vir die natuur liefhebber is daar die Umgeni Voëlpark, Botaniesetuine, Mitchell’s Park, Croc World, Sea World en baie historiese landmerke om te besoek.
 

VIR KINDERS:
Trampolien, volleyball, televisiekamer, speletjiekamer (pooltafel, veerpyltjies, tafeltennis en video speletjies).

TARIEWE:
Skakel die karavaanpark by bogenoemde nommers vir die nuutste tariewe.

  Kom kyk vir ons dolfyne!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum