Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Umtentweni Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Umtentweni Karavaanpark

 
 
 
StarStarStar



Aanskou Umtentweni Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 039 695 0531/086 656 8406
E-POS: info@umtentweni.co.za
URL: www.umtentweni.co.za
GPS: S30 42.319 E 030 28.782

Umtentweni is ‘n klein, bekoorlike karavaanpark met uiters hoë standaarde. Ons karavaanpark is die afgelope 10 jaar gekies as een van die TOP parke in Suid Afrika. Ons spog met uiters moderne kampeer en karavaan fasiliteite. Die park is ideal geleë om die Suidkus en die omliggende natuurskoon omgewing te verken.

 

HOE KOM JY DAAR:
Volg die N2 Suid en draai af by die Port Stepstone Noord afrit. Draai links by die Ou Suidkuspad. 400m verder is ons inrit, regoor die Caltex vulstasie.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - regs onder op die kaart).

 

KAMPERING:
Umtentweni karavaanpark kombineer die beste modern famlie gefokusde fasiliteite met een van die beste plekke langs die Kwazulu-Natal Suidkus. Die park is 120km Suid van Durban en 4 km Noord van Port Shepstone. Die park is gelee op die walle van die Mtentweni lagoon waar jy veilig beskerm is van die sout seewind. Die park vorm die beste basis om die pragtige Suidkus, die mooi kusdorpies en die rustige platteland te ontdek. Die kampeerplekke is groot met gelyke grasperke en lieflike skaduwee. Die kampeerplekke is ook toegerus met 15A kragtoevoer en gras met baie koelte bome. Daar is ‘n klim-en-klouter, trampolien, vlugbal, swembad, rivierbote en ‘n speletjieskamer met potbal, veerpyltjies en tafeltennis. Kinders en grootmense word hier voor gesorg. Die strand is ongeveer 500m van die park.

Die volgende aantreklikhede kan besoek word. 

  • Een van die grootste winkelsentrums aan die Suidkus, Shelly Shopping Centre, is net 14 km vêr.
  • Oribi Gorge is 21 km vêr waar jy die natuurreservaat kan besoek, die grootste swaai in die wêreld kan aandurf, bungee-jumping kan doen of perd kan ry.
  • Die Pure Venom Snake farm, Riverbend Crocodile farm of die Umtamvuma natuurreservaat kan besoek word.
  • Die Wild Coast Casino in naby vir dobbel of vermaak.
  • Vir die sport geesdriftiges is daar verskeie Golfbane, Rolbalbane en Tennisbane naby.
  • Diepsee-visvang en duik kan gereël word vanaf Shelly Beach.
 
 
VIR KINDERS:
Trampolien, volleyball, swembad, bootritte op die rivier, speletjiekamer met pooltafel en veerpyltjies.

 

 

TARIEWE:
Skakel die karavaanpark by bogenoemde nommers vir die nuutste tariewe.

  KOM BESOEK ONS TOP PARK!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum