Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > TO Strand Vakansieoord
Register   |  Teken aan

TO Strand Vakansieoord

.

 
StarStarStarStar



TEL: 039 319 2729
E-POS: info@tostrand.net
URL: www.tostrand.net
GPS: S31 1.515' E30 14.3'

Die T O Strand as huidige oord is sedert 1963 in besit van die Suid Afrikaanse Onderwysstigting. Die afgelope 44 jaar is die oord, wat aangrensend tot die strand geleë is, ontwikkel tot ‘n baie aangename vakansie-oord binne ‘n uiters rustige omgewing vir die gebruik van sy lede en die breë publiek.

 

HOE KOM JY DAAR:
Reis op die N2 in ‘n suidelike rigting met die hoofweg vanaf Durban na Port Shepstone. Na die tolhek by Port Shepstone hou u aan met die roete na Port Edward waar dit die R61 word. In die proses sal u Trafalgar, Palm Beach, Munster, Glenmore en Leisure Crest/Leisure Bay North afritte verby ry. Neem die Leisure Bay South/Torque afrit, links waar u rigtingwysers na T O Strand sal vind. U volg die rigtingwysers tot aan die onderkant van Blackpoolstraat waar u regs draai in Bournemouth. Die T O ingang sal ongeveer 50 meter voor u sigbaar wees.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Die oord beskik oor 135 ge-elektrifiseerde staanplekke met 20 amp brekers. Die ablusies word gereken as van die beste in Suid-Afrika. Die kampeerterrein in die breë is deur die S.A. toerisme graderingsstelsel die afgelope 4 jaar as ‘n 4-ster gegradeer. Staanplekke wissel maar is gemiddeld 8 x 10 m. Alle kampeerders word herinner dat hulle hul eie braai geriewe moet bring.

Verder beskik die oord oor ‘n ultra moderne konferensie fasiliteit, kiosk en restaurant om aan bykans enige behoefte te voldoen.
 
Die oord is binne 20km vanaf 6 gholfbane geleë waarvan 3 van die bestes in S.A. is, nl die Wildekus, San Lameer en Southbroom. Die oord bied akkommodasie en etes, of slegs akkommodasie aan groepe en kan ons vir u alle reëlings met die betrokke bane hanteer.

 

VIR KINDERS:
Daar is verder 2 swembaddens, ‘n tennisbaan, ‘n setspelbaan asook ‘n saal op die terrein. Die oord beskik ook oor 2 slaapsale met eie kombuisgeriewe.

Naby geleë is Oribi Gorge met bungi spring, krokodilplaas, koffieplaas, skoenlapperplaas en ook 'n verskeidenheid natuur dagstappies, verskeie kuns en kultuur uitstallings.
 

TARIEWE:
Skakel die oord gerus by bogenoemde kontakdetails.

  WAAR DIE INDIVIDUE NOG GELD!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum