Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Scottburgh Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Scottburgh Karavaanpark

 
StarStarStar



View Scottburgh Karavaanpark in a larger map

TEL: 039 976 0291
E-POS: caravanpark@scottburgh.co.za
URL: www.scottburghcaravanpark.co.za
GPS: S30 16.997 E30 45.569

Scottburgh Karavaanpark is net 30 minute se ry vanaf Durban en staan bekend as “Die een op die strand”. Herontdek die towerkrag van Scottburgh en geniet ‘n vakansie met ‘n verskil. Scottburgh is hoog geleë met ‘n asemrowende uitsig oor die warm stille Indiese Oseaan

 

HOE KOM JY DAAR:
Neem die N2 Suid vanaf Durban. Neem die Scottburgh afdraai, draai links. Draai regs by die T-aansluiting op die ou kusweg (R102). Draai eerste pad links in Scottburgh en volg die aanwysings. Scottburgh is geleë op die hoof strand net regs van die Wimpy en putt-putt baan.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Die kampterrein met sy 265 karavaan- en tentstaanplekke is geleë op ‘n 1.5km strook langs die kus. Elke staanplek is bedek met gras en toegerus met ‘n 15amp kragpunt met waterpunte naby. ‘n Paar staanplekke het skaduwee en baie staanplekke het ‘n pragtige uitsig oor die see en direkte toegang tot die strand met lieflike rotspoele vir snorkel. Ons ablusie is uiters netjies met opwas area en wassery toegerus met wasmasjiene en stryk area.

 

AKTIWITEITE:
Vier wêreld-beroemde Gholfbane, Umkomaas, Scottburgh, Umdoni en Selbourne is net 10 minute se ry vanaf die park. Probeer diepsee visvang of verken ons wonderlike seelewe deur diepsee duik en snorkel. Toerusting vir diepsee duik kan gehuur word by Quo Vadis Dive Charters. Hulle bied ook verskeie kursusse aan van beginners-duik tot duik-meester. Ons bied ook toere aan tydens die Sardyntjieloop en bootritte vir die nie-duiker. Lê besoek af by die Krokodil Plaas en verskeie natuurreservate in die omgewing of ontspan net lui-lekker in die son op ons pragtige strand. Loop afstand van die park is ook muurbal- en tennisbane, ‘n branderplank ry skool, perdry ritte, waterglybane en verskeie winkelsentrums en restaurante.

 

VIR KINDERS:
Speelparkie, swembad, pooltafels, trampoline, tafeltennis, volleyball en vermaaklikheids program binne seisoen.

 

TARIEWE:
 

Karavaan & Tentstaanplekke
Min Persoon
Per Persoon
1
Persoon
2 Persone
3 Persone
4 Persone
5 Persone
6 Persone
7 Persone
Buite seisoen
1
R40
R155
R195
R235
R275
R315
R355
R395
Middel seisoen
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Jun/Jul Skoolvakansies
 
1
 
R40
 
R245
 
R285
 
R325
 
R365
 
R405
 
R445
 
R485
6-12 Jan, Mei/Apr, Lang Naweke, 1-14 Des
 
4
 
 
R365
 
R365
 
R365
 
R365
 
R405
 
R445
 
R485
In seisoen
 
 
 
 
 
 
 
 
 
15 Des – 5 Jan
4
R40
R580
R580
R580
R580
R620
R660
R700

 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  DIE EEN OP DIE STRAND!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum