Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Rocky Bay
Register   |  Teken aan

Rocky Bay

 
 



Aanskou Rocky Bay in 'n groter kaart

TEL: 039 976 0546 of faks 039 976 1106
E-POS: info@rockybay.co.za
URL: www.rockybay.co.za
GPS: S30 20.0617 en E30 43.5697

 

Rocky Bay Karavaan en Vakansieoord is slegs 30 minute vanaf Durban geleë. Ontspan op ons pragtige strand en swem in ons rotspoele, of klouter tussen die rotse rond en ontdek ‘n hele nuwe wêreld. Stap op ons ongerepte strande en bewonder die natuurskoon van die omgewing.
 

HOE KOM JY DAAR:
Ry op die N2 deur Scottburgh. Eerste afdraai (Park Rynie, Umzinto) draai links.  Eerste robot regs en 2km verder is ons op die linker kant geleë.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die kaart).

 

KAMPERING:
Ons spog met 166 staanplekke. Kies een tussen die bosse of direk op die strand. Elke staanplek het sy eie kragpunt en wateraansluiting is beskikbaar.  Skoon moderne ablusie geriewe. Wassery beskikbaar. 24-uur sekuriteit.

 
‘n Proffesionele duik organisasie word vanaf ons oord bedryf en duik ekspidisies na die Aliwal Shoal kan gereël word. Ander duik terreine is Landers, Cowries en die Fern Koraal. 4 Internasionale gholfbane is ‘n hanetreetjie weg. Vang vis vanaf rotse of diepsee. Wildplase en staproetes is ook naby geleë. Vir die meer waaghalsiges is internasionale casions naby geleë.
 
 

VIR KINDERS:
Groot speelterrein en twee swembaddens.

 

TARIEWE:
Skakel gerus die oord by bogenoemde nommers vir die nuutste tariewe. 

  KOM SPEELSAAM OP DIE ROTSE!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum