Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Richardsbaai
Register   |  Teken aan

Richardsbaai Karavaanpark

 
StarStarStarStar

 

TEL: 035 753 1971
E-POS: info@richardsbaycaravanpark.co.za
URL: www.richardsbaycaravanpark.co.za
GPS: S28° 47' 25'', E32° 06' 04''

Richardsbaai Karavaanpark is een van die gewildste oorde in Suid Afrika en het reeds die Top 20-toekenning gewen (2006/2007).  Verskeie ander toekenings is ook alreeds ontvang. Die oord is geleë in Richardsbaai, 180km Noord van Durban, aan die Noordkus van KwaZulu-Natal. Die sub-tropiese klimaat maak dit aanloklik om winter en somer besoek af te lê. Ons bied jou private toegang tot die strand met 'n veilige swemstrand slegs 900m vanaf die karavaanpark.

HOE KOM JY DAAR: 
Op pad vanaf Durban na Empangeni  op die N2 Noord, neem die Richardsbaai afrit (R34). Volg die R34 vir ongeveer 25km tot binne die voorstad van Meerensee. Hou verby die Richardsbaai hawe se afrit  wat jy aan jou regterkant sal sien. Hou nog steeds reguit aan tot jy by 'n vurk in die pad kom.  By die vurk draai jy regs in Hibberd Drive en volg die bordjies tot jy by die karavaanpark kom. 

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!
 

KAMPERING: 
 By Richardsbaai Karavaanpark kan jy  jou karavaan opslaan op 'n gelyke staanplek met mooi groen grasperke. Elke staanplek het 'n kragpunt. Die goed gevestigde natuurlike plantegroei bied koelte en beskutting teen wind. Die bome maak dit ook moontlik om staanplekke met vol koelte te kies. Beslis een van die natuur- en voël-liefhebber se voorkeurplekke.  

Die oord maak ook voorsiening vir algehele privaatheid met afgebakende staanplekke. Sommige areas is veral geskik vir klubs, groepe, families wat graag wil saamkamp, of  vir bote en ekstra motors. 

Die lekker groot swembad bied heerlike lafenis in die warm weer. Die netjiese, volledig gedienste ablusie fasiliteite maak dit 'n lus om te gebruik. Jou veiligheid en sekuriteit is baie belangrik  vir ons, daarom bied ons jou 24uur sekuriteit.

VIR KINDERS:
Niemand wil die kinders in hulle hare hê tydens 'n vakansie nie.  By Richardsbaai karavaanpark word daar ruim voorsiening gemaak vir kinders en verskeie aktiwiteite word beskikbaar gestel om hulle besig te hou:

·          Vakansie program
·          Trampoliens
·          Kinder speelarea
·          Springkasteel
·          Buitelug skaak
·          Tafeltennis
·          Swembad
·          Glybaan
·          Bring jou rolskaatse of J-bord, daar is baie plek om te ry
·          Bring jou fiets, daar is baie plek om te ry
·          Vlugbal
·          Avontuur golf
·          Flieks
·          Snoepwinkel.

TARIEWE:
Kontak hulle gerus vir die nuutste tariewe.

  Kom kyk gerus hoekom is ons jou plek in die natuur.

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum