Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Queensburgh
Register   |  Teken aan

Queensburgh

 

 

StarStarStar




Aanskou Queensburgh in 'n groter kaart

TEL: 031 464 5800 of N/U 082 852 0027 - Pierre of Corrie de Bruin
E-POS: qcr@absamail.co.za
URL: www.queensburgh.caravanparks.co.za
GPS: S29 51.792 E30 54.361

 

Queensburgh Karavaanpark is ‘n kus sowel as ‘n rivier vakansieoord. Ons karavaanpark is 15km vanaf Durban geleë en weggesteek in ‘n vallei met die gesig na die Umbila Rivier en Roosfontein sup-tropiese woud en rotse. Skouspelagtige uitsigte word gewaarborg.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Johannesburg neem die Marianhill Tolpad op die N3. Neem dan die M7 afrit na Queensburgh. Neem dan die M5 (Main Road) afrit. Draai regs by die robot en ry aan vir 3 km. Draai links in St Augustinestraat net na die BP vulstasie op regterkant. Ry aan onder die brug, neem 2de afdraai regs in Haskamstraat. Ry aan tot by die sekuriteit.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die kaart). 

 

KAMPERING:
Ons staanplekke is grasgroen onder koeltebome, elk met eie kragpunt. Uiters netjiese ablusie, tenvolle toegeruste wassery en troeteldiere is baie welkom.

Ons bied aktiwiteite vir die ledige uurtjies en ook vir die sportiewe kampeerder. Staproetes, voëlpark, swem op pragtige skoon strande en vang van vis- of vanaf die rotse -of in die rivier. Bergfietsroetes en ‘n skoon groot swembad. Onderneem ‘n besoek aan die wêreld bekende ‘Valley of a Thousand Hills’. Naby winkelsentrums met ‘n verskeidenheid restaurante vir lekker bederf.
 

VIR KINDERS:
Swembad, speelterrein en aktiwiteitsveld.

 

TARIEWE:
Skakel gerus die karavaanpark by bogenoemde nommers vir die nuutste tariewe.

  SKOUSPELAGTIGE UITSIGTE WORD GEWAARBORG!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum