Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Paradise Vakansieoord
Register   |  Teken aan

Paradise Vakansieoord

 
StarStarStar



Aanskou Paradise Vakansieoord in 'n groter kaart

TEL: 039 313 0655
E-POS: paradise@megadial.com
URL:
www.wheretostay.co.za/paradiseholidayresort
GPS:  S30 55.490 E30 17.872

 

Paradise Vakansieoord is ‘n “AA Hoogs Aanbevole” oord en is tussen Southbroom en Margate geleë. Ons bied unieke staanplekke met see so wel as binnelandse uitsigte.

 

HOE KOM JY DAAR:
Ry op die N2 Tolpad in die rigting na Port Edward. Ry deur die verkeersligte in Southboom. 2km verder op regterkant is Paradise Vakansie Oord geleë.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die kaart).

 

KAMPERING:
36, 3-ster staanplekke. Elk, grasgroen onder groot skadubome en met eie kragpunt. Klein troeteldiere word buiteseisoen toegelaat. Mooi skoon ablusie fasiliteite met warmwater beskikbaar. Wassery op terrein.

Paradise Vakansie Oord is 15 minute se ry vanaf die Wild Coast Casino gelee. Ander vermaak en aktiwiteite sluit in swem by verskillende naby “Blue Flag” strande, verskeie pragtige staproetes, die bekende krokodilplaas, voel en vlinderplaas en die alom bekende Oribi Gorge. 5 Internasionale gholfbane is ook binne 5 min se ry gelee.
 
 
VIR KINDERS:
Swembad, trampolien, buite skaakspel, tafeltennis, pool tafels, speeletjiekamer en TV kamer. Volleybal op die strand.

 

TARIEWE:
Skakel gerus die oord by bogenoemde nommer vir die nuutste tariewe.

  KOM KUIER BY DIE PARADYS!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum