Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Mountain Splendour
Register   |  Teken aan

Mountain Splendour Eko Park

 

StarStarStarStar   



TEL: 036 468 1172
E-POS: info@mountainsplendour.co.za
URL: www.mountainsplendour.co.za
GPS: S29° 00' 45'', E29° 27' 38''


Mountain-Splendour Eko vakansieoord is geleë op ‘n plasie in die hart van die sentrale Drakensberge, en is ‘n UNESCO Wêreld Erfenis Terrein.  Die eienaar bestuur hierdie familieoord en bied uitmuntende 4 ster kampeer en karavaan staanplekke met elkeen sy eie kragpunt, in ‘n uiters veilige, rustige omgewing.  Assistente slaan tente op, die private en gemeenskaplike ablusie is silwerskoon, genoeg warm water, nag assistente in seisoen tydperk en op-die-plek bestuurder is deel van ons professionele diens..  ‘n Selfsorg afdeling en safaritent huur fasiliteit is onlangs vrygestel.

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Johannesburg - Neem die N3 Suid.  Gaan oor Van Reenenpas en deur die Tugela Toll Plaza.  Neem Afrit 194 en draai regs op die R74.  Ry vir ongeveer 22km na Winterton. Draai links op die R600 na Sentrale Drakensberg en volg die pad vir 24km in die rigting van Champagne Castle.  Draai links op die D19 pad en volg die bordjies vir 1 km tot by Mountain Splendour.

Vanaf Durban - Neem die N3 Noord tot by Afrit 179 (Estcourt North/Central Drakensberg). Draai hier links en ry vir 28km deur Loskop en verby die Injusuti afrit. Draai dan links by die R600 na die Sentrale Drakensberge en volg die pad vir 12km in die rigting van Champagne Castle. Draai links op die D19 pad en volg die bordjies vir 1 km tot by Mountain Splendour.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

KAMPERING:
Die karavaanpark het 100 staanplekke met mooi grasperke en lieflike skadu bome. Vanaf al die staanplekke kan jy met hartelus na die pragtige berge kyk. Die staanplekke het almal hulle eie kragpunte en braaigeriewe. Die ablusiefasiliteite is altyd skoon met heerlike warm water. Beperkte staanplekke het ook private geriewe. Die oord beskik oor wasgeriewe en gratis vriesplek word voorsien. Brandhout is beskikbaar om te koop. Hulp vir die opslaan van die tente is beskikbaar met bediendes wat in die aande hulpkan verleen indien benodig. Die oord is goed ingerig vir babas en maak mamma se takies sommer baie ligter.

 Die oord fokus op omgewingsvriendelike aspekte en herwin reënwater en afvalprodukte.

VIR KINDERS:
Die oord bied ‘n swembad, tennisbane, groot speelarea vir kinders en ook ‘n plaasdier afdeling.  Ons spog ook met ‘n enkelbaan BFB, ‘n tenvolle toegeruste fietswinkel en ‘n BMX baan.  In seisoen bied ons begeleide staptoere, BMX ritte, piekniek vir groepe, familiespeletjies, bingo en nag staproetes kan gereel word.  Naby geleë vermaak is golfbane, gesondheids spas, kuns en handwerke, koffiewinkel, restaurant, Die Drakenberg Seuns Hoërskool, historiese slagvelde en wild reservate. 

TARIEWE:

Tarief (per 24 uur of gedeelte daarvan)

BUITE

BINNE

VROEG PIEK

PIEK

Per persoon per dag

Volwassene

R 88

R 110

R 136

R 160

Kind (2 - 18)

R 44

R 55

R 68

R 80

Baba (0 - 2)

R 22

R 28

R 34

R 40

Opsionele ekstras - per dag per staanplek ekstra. 

Private Stort

R 70

R 90

R 105

R 115

Private Bad / Stort

R 100

R 115

R 130

R 145

Weelde ablusie

R 120

R 135

R 150

R 170

Berg Uitsig

-

R 30

R 35

R 40

Yskas of 2-plaat stoof

R 30

R 30

R 30

R 30

Spons Matras

R 10

R 10

R 10

R 10

Tariewe is geldig vanaf 11 Janaurie 2010 en sluit BTW in.  Tariewe kan verander sonder kennisgewing. Let asb daarop dat daar 'n minimum koste van 2 volwassenes is gedurende Binne, Vroeg Piek en Piek periods.

Aankom tye 13h30 en vertrektye 11h00. (Reel asb vroegtydig as u vroeg wil inkom of laat wil vertrek.)

Piek : 1–5 Apr, 23 Des 2010 – 2 Jan 2011
Vroeg Piek: 19–22 Mar, 23–26 Apr, 23–26 Sep, 15–22 Des 3-10 Jan 2011
Binne: 26–31 Mar, 6-11 Apr, 6–9 Aug, 27 Sep–3 Oct, 10–14 Dec, 11-18 Jan 2011
Buite: Res van die jaar. 

PENSIONARISSE: 40% Afslag gedurende Buite seisoen, indien u reeds afgetree is. 'n Spesiale aanbod van R1500 per paar per maand word aangebied gedurende Buite seisoen.  'n Minimum bespreking van 15 dae word verlang.

STUDENTE: 40% afslag gedurende Buite seisoen.  Bring asb studentekaarte saam.

DAG BESOEKERS: R40 per volwassene, R25 per kind. Buite seisoen alleenlik.

DEPOSITOS: Die volle bedrag is betaalbaar binne 7 dae vanaf die bespreking indien die bedrag onder R2000 is. Alle ander besprekings verlang  50% deposito, betaalbaar binne 7 dae van die bespreking, met die uitstaande bedrag wat betaalbaar,  twee week voor die besprekte datum.

BETAAL METODES: Kredietkaarte, Debietkaarte, Tjeks en Kontant.  Internet toegang is beskikbaar vir elektroniese betalings.

KOM WORD BETOWER MET ONS UITSIG!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum