Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Mac Nicols
Register   |  Teken aan

Mac Nicols Karavaanpark

 
StarStarStarStar


TEL: 039 977 8863 
E-POS: info@macnicols.co.za
URL: www.macnicols.co.za
GPS: S30° 27'04'', E30° 39' 13''

Hierdie oord word nou al vir drie generasies deur die Mac Nicol familie besit en bestuur!

Mac Nicols is al vir jare bekend as een van die bekendste en beste karavaanparke in Suid Afrika. Hierdie vriendelike familie-bestuurde oord lê aan die walle van die Ifafa Rivier lagoon en bied ontspanning vir oud en jonk.  Die Karavaan-klub van Suid Afrika en die Automobiele Assosiasie beveel ook die oord aan. Díe karavaanpark word al vir die laaste tien jaar onder die top 20 oorde in Suid Afrika gereken, wat dui op 'n puik vakansie - eerste keer - elke keer. Besonders van hierdie oord is dat dit regs langs die lagoon én die see lê.

HOE KOM JY DAAR:
Die oord lê tussen Scottburgh en Hibberdene op die Kwazulu-Natal Suidkus. As jy op die N2 suid ry is die karavaanpark ongeveer 23km verby Scottburgh aan die linkerkant. Vanaf die N2 snelweg neem jy die Sezela - Esperanza - Bazley afrit (Nommer 93) and draai regs oor die snelweg.  Volg die pad met die Bazley bordjies tot by die oord.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

KAMPERING:
Die oord bied lieflike skadu-ryke staanplekke - wat maar min gebeur as jy by die see karavaan opslaan. Die pragtige staanplekke is ekstra groot en bied ruim parkering en help dat bure nie oor mekaar se tenttoue val nie. Mac Nicols sorg ook dat elke staanplek mooi plat is en dat die dreineringswater nie deur jou tent loop nie. Die oord se helpers help jou om jou tent op te slaan terwyl jy 'n koppie tee aangebied word.

Mac Nicols se ablusie geriewe is pragtig skoon met familie fasiliteite waar die familie sommer saam kan gaan was. Private badkamers en opwas fasilitiete is op aanvraag beskikbaar. Elke kampterrein word voorsien van 'n 15 Ampere kragpunt, 'n waterpunt en 'n vullisblik.  Wasgoed kan by die oord gewas word.  Die oord het ook hulle eie winkeltjie, drankwinkel en ontspanningsaal.

VIR KINDERS:
Die karavaanpark bied hulle eie swembaddens (warm in die winter) ontspanningsaal en vakansie program gedurende vakasietye. Die oord bied ook staproetes, video speletjies, veerpyltjie, snoeker, tafeltennis, vlugbal, trampoliens en 'n kinderspeelplek. Die oord is ook sentraal geleë vir die speel van golf, tennis, muurbal en besoek aan wildtuine. Die see en die lagoon bied natuurlik hulle eie vermaak so bring alles wat nodig is saam!

TARIEWE:
'n Deposito van R500 is betaalbaar gedurende die  piek seisoen.

Dag Tarief

 
Buite
Binne
Vroeg piek
Piek
Paasfees
2010
Volwassene
R100
R150
R160
R200
R175
Afgetree
R60
R90
-
-
-
Student
R70
R95
R100
R135
R120
Per kind
R50
R70
R 80
R100
R85
Private Ablusie 
R35
R50
R60
R85
R60

 

  KOM BELEEF 'n FAMILIE OORD!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum