Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Lobotes Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Lobotes Karavaanpark

 
 



Aanskou Lobotes Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 032 458 4259 of 084 515 3488
E-POS: lobotes@lantic.net
URL: www.lobotes.co.za
GPS: S29 12.975 E31 30.417

Lobotes karavaanpark is geleë op die Kwazulu Natal Noordkus, halfpad tussen Durban en Richards Baai. Die park bied die vakansieganger ‘n ongelooflike see uitsig en is 150m vanaf die strand en minder as ‘n 1km vanaf die Tugela Mond. Die park skep ‘n atmosfeer van “jy kom as ‘n vreemdeling, vertrek as ‘n vriend”.

 

HOE KOM JY DAAR:
Neem die N2 vanaf Durban, ry in rigting na Richards Baai. Ry verby Umhlanga, Balito, Stanger, Zimkwasi. Neem dan die Mandini Tugela Mond tolhek afdraai. Draai regs, ry oor brug, teerpad word grondpad. Ry op die grondpad vir ±4km tot in Tugela. Pad word weer teerpad. Ry verby Tugela Mond Oord, 500m verder kry jy Lobotes se ingangshek.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons 15 karavaanstaanplekke is ruim, gelyk en met gras bedek. Elk met ‘n kragpunt en braai area, met ‘n waterpunt in die nabyheid. Ons moderne ablusieblok is netjies en word daagliks skoon gemaak.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Die klein dorpie Tugela Mond bied die vakansieganger ‘n ontsnapping van die rumoer en warboel van die stad aan om jouself te verlustig in ons onbederfbare natuur. Bestuur deur ‘n verbasende gesonde eko-sisteem is die area tuiste vir verskeie vis, voël & wildspesies.

Vir die Historikus: besoek verskeie historiese oorlog terreine soos die Fort Pearson en die “Altimatum boom”, ‘n getuigskrif van die verwoestende Zulu oorloë in die 19de eeu.

Vir die Avonturier: Bring jou kano/vlot en roei die rivier af, bewonder die natuur & wildlewe op sy beste. Diepsee visvang en “Surf Angling” beskikbaar teen ‘n tarief. Vir die Natuurliefhebber: seeskilpaaie wat die strand verlaat vir die groot oseaan in November, haaie wat die Tugela mond invaar om ontslae te raak van parasiete gedurende die somer maande. Walvisse en dolfyne van ‘n afstand te sien, Seegarnaalplase en 156 voëlspesies, insluitende die skaars Franklin Seemeeu. Vir die alledaagse vakansieganger: lui lekker dae op die strand. ‘n Oop lapa met ‘n vreugdevuur vir net rustig wees en nuwe vriende te ontmoet.

 

VIR KINDERS:
Swembad en speelparkie.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM KAMP LEKKER BY DIE TUGELA MOND!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum