Leisure View Karavaanpark

 
 



TEL: 039 319 2367
E-POS: lview@vodamail.co.za,
URL: www.leisureview.co.za
GPS: S31° 1' 18.31", E30° 14' 4.60"

 

Leisure View Oord is ‘n stukkie paradys met diep blou see, spierwit strande en pragtige groen grasperke. Hier kan u na hartelus ontspan en die natuurskoon van ons idilliese strande geniet. Die oord is slegs 6km van Port Edward af geleë. Kathy en George is eienaars wat op die perseel woon en self alles bestuur.

 

HOE KOM JY DAAR:
 

Ry tussen Durban en Port Edward op die hoofpad en 6km buite Port Edward sal u ons padtekens sien. Draai links in Blackpool Pad en ry totdat u ons ingang aan die linkerkant sien.
 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!
 

KAMPERING: 
Die karavaanpark bied oor 'n honderd kampeer en karavaan staanplekke, wat elkeen oor ‘n pragtige uitsig spog. Uitsig wissel van pragtige panoramiese see-uitsigte tot stiller boomryke areas. Maklike toegang tot die uiters skoon ablusieblokke. Elke staanplek beskik oor eie kragpunt, asblik en waterpunte. Die vriendelike werkers help almal om sommer in a japtrap op te slaan.

 
By Leisure Bay Oord bied ons selfoon ontvangs, wassery, tuimeldroeërs, vrieskas fasiliteite, Naby geleë gholfbaan, Rolbalbaan, Museums, Monumente en wild besigtigings toere sal enige besoeker se vakansie by ons onvergeetlik maak. 
 

VIR KINDERS:
Swembad, trampoline, pool tafels, kanoeritte, visvang, “abseiling”, snorkel, skuba duik en natuur staptoere sal sorg dat die jongklomp besig gehou word. Die TV kamer is 'n wenner as dit reën. 

 
Ons het 'n snoepie op ons perseel.
 

TARIEWE:
Skakel die oord by bogenoemde nommers vir die nuutste tariewe.

  Kathy en George wag om julle te vergas!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum