Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Kwa-Rie Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Kwa-Rie Karavaanpark

 
StarStarStar



Aanskou Kwa-Rie Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 034 212 2333
E-POS: kwarie@kznatal.co.za
URL: www.kwarie.caravanparks.co.za
GPS: Teks kom hier

Kwa-Rie Karavaanpark is geleë in die area wat met die meeste oorlogsvelde in Suid Afrika spog en het ‘n historiese waarde vir Afrikaans-, Engels- en Zulu-kulture. Kwa-Rie is halfpad tussen Newcastle en Ladysmith. Die eienaars Leo en Antionette du Plooy het in hierdie area groot geword en sal jou besoek aan hulle uiters interresant maak.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Vryheid ry op Victoriastraat deur die verkeerssirkel en draai links in Tandystraat. Kwa-Rie is op jou linkerkant net voor die gholfbaan.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Vir die kampeerder bied ons grasgroen staanplekke onder koeltebome met elk sy eie kragpunt. Pragtige skoon ablusie en braaigeriewe. Wassery en aparte opwas is ook beskikbaar.

 

AKTIWITEITE:
Besoek die oorlogsvelde van Bloedrivier, Isandlvana en Fort Mistake. Kano op ons eie dam of speel ‘n potjie gholf by Dundee. As jy ‘n voëlkyker is moet jy beslis nie jou verkyker vergeet nie. Ons 98 voëlspesies sal jou ‘n paar dae besig hou. Neem ‘n stappie op ons plaas en dalk kom jy een van ons loslopende wild spesies teë. Koel af in ons verhitte swembad.

 

VIR KINDERS:
Speelgrond, verhitte swembad, trampolien en pooltafels.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM BESOEK AL DIE OORLOGSVELDE!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum