Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Ilanga karavaanpark
Register   |  Teken aan

Ilanga Karavaanpark

 

 

 

StarStarStar




View Ilanga Karavaanpark in a larger map

TEL: 039 681 3280
E-POS: ilangaresort@gmail.com
URL: www.ilangaresort.com
GPS: S30 39.8 E030 30.880

Wat meer kan jy voor vra as ‘n karavaanstaanplek reg op Banana Strand by die Hibiscus Kus. Hierdie staanplek het direkte toegang tot rotspoele, sand en golwe. Hier kan jy heerlik ontspan en ook die naby geleë besieningswaardighede besoek en beleef.

 

HOE KOM JY DAAR:
Die karavaanpark is op die R102 geleë,11km vanaf Hibberdene en 9km vanaf Port Shepstone.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
70% van ons 100 gelyk staanplekke is onder skadubome geleë. Elkeen het sy eie kragprop, moderne ablusie en ‘n ten volle toegruste wassery.

 

AKTIWITEITE:
Skuba duik kan gereël word, of bespreek ‘n diepsee visvang rit. Vang vis vanaf die rotse of swem in een van die talle veilige rotspoele. Besoek die wêreld bekende Oribi Gorge of speel gholf by een van die naby geleë gholfbane. Klein honde is welkom. Bring jou bergfiets saam en bespied die omliggende berge.

 

VIR KINDERS:
Swembad, pool, veerpyltjies, tafeltennis en video speletjies.

 

TARIEWE:

Tydperk
2 Persone
Elke addisionel persoon per nag
Per kind (3 – 5 jr) per nag
Lae Seisoen
R165
R55
R30
Mid Seisoen
R225
R65
R35
Hoë Seisoen
R280
R75
R45

 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  VAKANSIE LANGS DIE SEE!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum