Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Hlalanathi Berg Oord
Register   |  Teken aan

Hlalanathi Berg Oord

 
StarStarStarStar



TEL: 036 438 6308
E-POS: info@hlalanathi.co.za
URL: www.hlalanathi.co.za
GPS: 
S28 39.413’ E029 01.990’

 

Hlalanathi Berg Oord is geleë in die Sentraal Drakensberg met ‘n pragtige uitsig oor die Tugela Rivier. Halfpad tussen Gauteng en die kus is hierdie oord ‘n ideale wegbreek met spasieuse woonwa staanplekke.  Elke staanplek is toegerus met 'n kragpunt. Losstaande braaigeriewe is beskikbaar. Die ablusie geriewe is uiters skoon en netjies.  Die restaurant bied ‘n wye verskeidenheid etes aan en beskik oor ‘n kroeg, pooltafel en TV met M-Net. Wasgoed word deur die personeel gewas.

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Harrismith, neem die N5 na Bethlehem en draai links na om4km. Ry 8km en neem die roete oor die Oliviershoekpas na Bergville. Na omtrent 38km draai regs by Hlalanathi aanwysing en ry ‘n verdere tot by die oord.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die kaart). 
 

KAMPERING:
Die oord beskik oor 60 staanplekke, elk met sy eie asemrowende uitsig oor die Drakensberg Amphiteater.

WAT OM TE DOEN:
Die 9 en 18 gate Amfiteater gholfbaan grens aan Hlalanathi Berg Oord. Verskeie staproetes begin by die in die Roayl Nasionale Park, omtrent 7km vanaf Hlalanathi. Bass en forel visvang word toegelaat in die damme by die Royal Nationale Park en Sterkfonteindam. Besoek gerus ook die Kwa-Zulu Wewers en Kersfabriek.

VIR KINDERS:
Perdry, tennis en tafeltennis, swembad en speelterrein met trampoline.
 
TARIEWE:
  • Buite Seisoen           :           R75.00 per persoon per dag
  • Binne Seisoen         :           R120.00 per persoon per dag.


  KOM RUS BY DIE AMFITEATER!!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum