Glensheiling Karavaanpark

 
 



Aanskou Glensheiling Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 033 266 6214 of 082 374 1270
E-POS: glensheiling@nitrosoft.co.za
URL: www.glensheiling.co.za
GPS: S29 22.218 E30 01.386

 

Glensheiling is ‘n unieke karavaanpark geleë in die hartjie van die Kwazulu Natal Meander. Slegs 5km vanaf Nottingham Road en 11km vanaf die N3. Kom kamp hier uit en beleef die alombekende natuurskoon landskap van die meander.

 

HOE KOM JY DAAR:
Ry 11km vanaf Nottingham in die suiderlike rigting. Ry verby die Rowden Hotel en draai 500m later na links . 700m later is ons ingang.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons 24 groot karavaan, tent of motorhuis staanplekke bied asemrowende uitsigte. Ons verhuur ook toegeruste karavane. Uiters netjiese en silwerskoon ablusie en wassery beskikbaar.

 

AKTIWITEITE:
Stap een van ons tale staproetes en geniet ons voëlparadys. Jy sal dalk op ‘n historiese boereoorlog slagveld afkom. Vir die avontuurlustige nagstapper sal jy dalk op ‘n bosbok, ystervark of luiperd afkom. Besoek die boesman tekening in die Kamberg of geniet ‘n biertjie by die Nottingham Road brouery.

 

VIR KINDERS:
Trampolien,  klouterraam en ‘foofy-slide’ ritsbaan.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM BELEEF ONS MEANDER!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum