Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Glengarry
Register   |  Teken aan

Glengarry

 
 



View Glengarry in a larger mapView Glengarry in a larger map

TEL: 033 267 7225 of 082 867 7620
E-POS: info@glengarry.co.za
URL: www.glengarry.co.za
GPS: S29 19.22, E29 43.04

 

Glengarry Park is ‘n kombinasie van natuurskoonheid en advontuur. Glengarry is perfek geleë in die Kamberg Vallei in die Drakensberge en bied ‘n ware buitelug ondervinding.

 

HOE KOM JY DAAR:
Verlaat die N3 by Nottingham Weg en ry deur Nottingham Weg op die R103. Draai links by Kamberg Weg en ry aan vir 31km. Draai links by Glengarry/Highmoor. Glengarry is in die eerste straat na regs geleë.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Beide die boonste en onderste vlakke bied uitstaande staanplekke elk met eie kragpunt en sentraal waterkrane. Ablusie en opwas is uiters netjies en modern.

 

AKTIWITEITE:
Probeer een van die staproetes of fietsroetes en moet nie die visstokke vergeet nie.

Ons beskik oor ‘n 9 gat gholf- en rolbalbaan. Ons is na aan die Kamberg en Gaints Castle Natuur Reservate geleë. Na ‘n lang staproete koel af in die heerlike waters van die Klein Moor Rivier. Ons groot verskeidenheid voël spesies sal enige voël kyker veel vreugde gee.
Kom geniet saam met ons, ons gespesialiserde koffies en vars gebakte snuisterye in ons Marple Teetuin. Ons Kwekery maak ook binnekort oop - hou die spasie dop vir meer inligting.
 

VIR KINDERS:
Swem, groot speelterrein en “tubing”.

 

TARIEWE:
Staanplek met krag                    R 60.00          

Plus - per persoon per nag          R 80.00          
       - per kind per nag               R 60.00
 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.
 
  KOM GENIET JOUSELF IN DIE BERGE!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum