Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Dragons Peak Berg Oord
Register   |  Teken aan

Dragons Peak Berg Oord

 
 



View Dragons Peak Berg Oord in a larger map

TEL: 036 468 1031
E-POS: dpp@dragonpeaks.com
URL: www.dragonpeaks.com
GPS: S29 1.155 E029 26.268

Hierdie familie besigheid bied nie net ‘n wye reeks akkommodasie nie maar ook ‘n groot verskeidenheid aktiwiteite wat jou vakansie ‘n absolute plesier sal maak.  Dragons Peak is naby Cathkin Park en Champagne Castle geleë. Die uitsig op die Drakensberge en die aangrensende Ukhahlamba Wêreld Erfenis gebied maak hierdie karavaanpark uniek.

 

HOE KOM JY DAAR:
Ry op die N3 suid na Harrisith. Draai links op die Bethlehem/Phutatajhaba pad. Neem die R712 links na Bergville/Phutatajhaba. Weer links in R74 na Bergville. Ry deur Bergville na Winterton. Draai regs na R600 en ry vir 28km. Draai regs by die beige muur ingang en ry verby die Drakenberg Seuns koor vir 1km tot by die ontvangs area.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Die meeste van ons 140 grass staanplekke het asemrowende uitsigte oor die berge. Elke staanplek beskik oor of 15- of 16amp kragproppe. Drie moderne skoon ablusieblokke en  ‘n wassery is ook beskikbaar.

 

AKTIWITEITE:
Vir die avontuurlustige vakansieganger is daar helikoptervlugte oor die Drakensberge. Staproetes vir beide die fikse en nie so fiks vakansieganger. Besoek die 700 jaar oue Geelhoutwoud en ander inheemse woude of koel af in een van ons talle rotspoele. Oornag staproetes na grotte is ook beskikbaar, maar moet vooraf gereël word en ‘n fooi is betaalbaar.

 

VIR KINDERS:
Vakansie-aktiwiteite, ponie- ritte, advontuur-sentrum, speletjieskamer en swembad.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  AVONTUUR IN DIE BERG!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum