Crocodylus Privaat Toevlugsoord

 
 



Aanskou Crocodylus Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 072 020 7500
E-POS: info@crocodylus.co.za
URL: www.crocodylus.co.za
GPS: S28 04.637 E32 15.874

Crocodylus is ‘n ideale oornag stopplek vir vakansiegangers oppad na Swaziland, Mosambiek of die Kruger Nasionale Wildtuin. Ons missie is om jou so welkom as moontlik te laat voel en vir jou om ons te groet met ‘n nuwe begrip van hierdie saggeaarde reuse – die Krokodil.

 

HOE KOM JY DAAR:
Neem die N2 na Hluhluwe. 1km Noord van die Total Petro Port en 10km Suid vanaf die HluHluwe afdraai sal jy die naambord kry. Die toegangshek is net af van die teerpad wat goed na omgesien is. Volg die aanwysingsborde tot by ontvangs.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons het 4 karavaanstaanplekke met 220V kragpunte en braaigeriewe en 6 tentstaanplekke sonder krag. Ons ablusie is iets heeltemal op sy eie. Die storte is gebou met natuur in gedagte, gebou onder ‘n pragtige Doringboom. Die ingang na die mans ablusie is deur ‘n natuurlike gleuf in die boom. Die ablusie is ruim en het warm en koue water.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Geniet dit waarvoor ons bekend is, krokodil en volstruis toere met gids kan geboek word of doen jou eie toere. Mr. Vernon Diggins is welbekend vir sy deeglike kennis van diere en die begeleidingstoere sorg vir vele prêt ongeag van die weer. En as jy dapper genoeg is kan jyself ‘n babakrokodil vashou of soen. ‘n Guldige foto geleentheid vir een uit ‘n miljoen ondervinding. Weens die oord se ideale ligging kan jy 13km verder besoek aflê by die “Memorial Gate of the World Renown Hluhluwe/Umfolozi” Wildreservaat, 80km verder gaan diepsee duik by Sodwana Braai en 70km vanaf St. Lucia die St. Lucia Meer Wêreld Erfenis gebied.

 
Gedurende die aand sit om ‘n vreugdevuur en luister na stories oor “The True Africa of Old”, sit rustig onder die warm blote naghemel en besigtig die sterre of luister net na die geroep van die naglewe. ‘n 36 Sitplek restaurant is oop daagliks, probeer gerus ons bekende biefstukke en krokodil biefstuk sowel as ‘n Afrika Bos Braai of Eg Suid Afrikaanse potjie op aanvraag kan gereël word. Ons onlangse voltooide Krokodil snorkel duik swembad sorg ook vir vele pret vir die avontuurlustige vakansieganger.

 

VIR KINDERS:
‘n Hasieparkie met swaaie en klimraam.

 

TARIEWE:
 

Staanplek
Volwassenes
Kinders
Karavaanstaanplek met krag
R75 per persoon per nag
R30 per nag
Tentstaanplek sonder krag
R60 per persoon per nag
R30 per nag

Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

  KOM KUIER BY ONS EN ONS LEER JOU VAN KROKODIL SE KIND!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum