Jy is hier >   Oorde > Kwazulu-Natal > Caravan Cove
Register   |  Teken aan

Caravan Cove

 

 

 

 

 




Aanskou Caravan Cove in 'n groter kaart

TEL: 039 976 1215
E-POS: caravancove@scottburgh.co.za
URL: www.caravancove.co.za
GPS: S30 19.866, E030 44.166

Caravan Cove is 'n lushof van mooi plantegroei, groot koeltebome, 'n verskeidenheid voëlspesies en het 'n lieflike swemstrand. Kom ontspan in n rustige en veilige omgewing. Bring u duik toerusting saam en geniet die seelewe. Ons verwelkom u. Kom deel in ons geheim.

 

 

HOE KOM JY DAAR:

Neem die N2 Suid vanaf Durban en 60km verder draai links op die Park Rynie/Umzinto afdraai. Ry aan tot by die verkeersligte. Draai regs in R102 en 500m verder is die Caravan Cove borde te sien. By die T-aansluiting draai regs. Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die kaart).

  

KAMPERING

U kan kies uit vol koelte tot sonnige staanplekke wat beskerm is teen die wind. Baie van die staanplekke is met gras beplant. Alle staanplekke is toegerus met 15amp krag. Tente is baie welkom. Ons het 'n verskeidenheid selfsorg chalets wat toegerus is met eie badkamers en kombuisies. Twee tot agt persone kan gerieflik hier ontspan. Ons beskik ook oor vyf netjiese skoon ablusieblokke met warm water. Ons het 'n washuis wat verskillende dienste aanbied.

 

Die beskutte, kristalblou swembad nooi jou uit om heeldag te plas en te lê op jou bas. Die swembadarea is ook toegerus met 'n droë kroeg en braaiarea. Die volgende fasiliteite is genoeg om u 'n wye keuse van ontspanning te bied: Gety swembad (500m); Speelpark; Onstspanningsaal; Ontspanning en vermaakprogram Desember; kroeg; winkel; Tafeltennis; Veerpyltjies; "Pool" tafel. Golf,tennis, rolbal, muurbal, krokodil plaas, ens binne 5km vanaf Caravan Cove.

 

Ons vriendelike personeel sal u verwys na restaurante, besienswaardighede, haarsalonne, dokters, ens. Die strand is net 'n klipgooi vanaf die park geleë. Vir ervare duikers is daar die Aliwal rif met sy baie rots- en skulpvis. Duikekspedisies en diepsee hengel kan ook gereël word deur die Ski Boot Klub langs aan.

 

 

VIR KINDERS:
Swembad, tennisbaan, speelpark, en springmatte.
 
 

TARIEWE:
Skakel gerus die oord by bogenoemde nommer vir die nuutste tariewe.

  KOM DEEL ONS GEHEIM!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum