Suikerbosrand Kareekloof Karavaanpark

 
 


TEL: 016 365 5334
E-POS: caravans@phsuikerbosrand.co.za
URL: www.suikerbosrand.caravanparks.co.za
GPS: S26 31.063 E28 11.591

Hierdie Hoëveld ontsnapping, geleë in die kloof van Gauteng se grootste en mees beware geheim, die 18000ha Suikerbosrand Natuur Reservaat, is aangewys deur die publiek as een van Suid Afrika se Top 20 Karavaanparke en is te vinde net 40km Suid vanaf Johannesburg.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf die OR Tambo Lughawe neem die R24 na Johannesburg. Kort na die R24 samesmelting met die N12, neem die linker vertakking op die N3 Suid rigting Heidelberg en Durban. Ry op die N3 langs vir ± 35km en neem die R550/(R554) Nigel/Lenasia afrit. Draai regs na Lenasia by die afrit kruising. Na ± 8km aan die linkerkant van die pad is die Reservaat se ingangs aanwysingsborde.

 
‘n 2de ingang is ook beskikbaar vanaf die Weste via die R557 Karee Pad, wat ook dien as die ingang van die Kareekloof Reservaat.
 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons 240 karavaanstaanplekke met baie skadubome en plekkies in die son is grootendeels met gras bedek en beskik elk oor sy eie kragpunt. Waterpunte is naby geleë. Die karavaankamp word deur 4 groot ruim nuut opgeknapte ablusieblokke bedien met wassery en opwasgeriewe, sowel as 6 kleiner ablusieblokke.

 
Ons 300 tentstaanplekke deel die ablusieblokke in die karavaanpark en beskik oor geen krag- of waterpunte. 

 

AKTIWITEITE:
Die karavaanpark te midde die Suikerbosrand Natuur Reservaat bied duidelik gemerkte staproetes en wildritte aan. Die Reservaat verleen tuiste aan die jagluiperd, hiëna en verskeie soogdierspesies soos die Rooiribbok, Steenbok, Oorbietjie, Eland, Blesbok, Springbok en Koedoe om net ‘n paar te noem. Perdritte is ook beskikbaar en voëlkyk is enige voëlkyker se droom.

 
Vir die historikus is daar veel te sien - die Kliprivier Terras een van die mees waardevolste argeologiese terreine in die wêreld, die AG Visser Huis, die Konsentrasiekamp Begrafplaas, Diepkloof Plaashuis, Heidelberg Vervoer Museum en die Bakoond. Vir net ontspanning is daar verskeie swembaddens en ‘n splinternuwe binnenshuise verhitte swembad opgerig. Minigholf en Koffiekroeg met a-la-carte ontbyt en ligte middagetes is beskikbaar.

 

VIR KINDERS:
2 x Water glybane met swembaddens, minigholf, speelparkie, trampoline en ‘n speletjieskamer met pooltafels.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

KOM KAMP IN GAUTENG SE GROOTSTE RESERVAAT!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum