Jy is hier >   Oorde > Gauteng > Nkwe Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Nkwe Karavaanpark

 
StarStarStar



View Nkwe Karavaanpark in a larger map

TEL: 012 811 5231 of 082 978 9631 (Francois)
E-POS: nkwepark@mweb.co.za
URL: www.nkwepark.co.za
GPS: S25 52.696 E28 25.105

Nkwe Karavaan Park is geleë in die Tierpoort Vallei op die oewer van die Pienaarsriver, 25km Oos van Pretoria.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Johannesburg neem die N1 na Pretoria. Neem die Lynnwoodweg afdraai. Draai regs in ‘n oostelike rigting. Ry aan tot by die Hans Strydom kruising. Gaan oor die Hans Strydom kruising. Die pad word van daar af die M6 (Grahamweg). Ry reguit aan tot by Coleweg, draai regs. Volg aanwysingsborde tot by Nkwe Karavaan Park.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons 48 gras of sement bedekte karavaanstaanplekke onder skadubome beskik elkeen oor sy eie 15amp kragpunt. Skoon ablusie fasaliteite en wassery is beskikbaar.

 

AKTIWITEITE:
Die natuur op sy beste! Ons groot verskeidenheid voëlspesies sal enige voëlkyker baie vreugde verskaf. Of geniet lieflike natuurskone staproetes deur rustige en vreedsame skadubedekte valleie geleë op die oewer van die Pienaarsriver ,met ideale piekniek en braai area’s. Ontspan onder ons grasdak lapa met sy houtdek, gebou op ‘n koppie, met ‘n wonderlike uitsig oor groot rotspoelle en majestueuse waterval. Die lapa is toegerus met braai’s en spit-braai’s geskik vir private funksies. Verskeie winkelsentrums en aktiwiteite van die besige stadslewe is net 20km vanaf die park.

 

VIR KINDERS:
‘n Swembad, natuurlike rots poele, speelparkie en vlugbal.

 

TARIEWE:
 

Kampplek
Tariewe
Persone
Karavaanstaanplek
R200 per nag
2 persone
R100 per nag per persoon
6 persone per staanplek
Tentstaanplekke
R100 per nag
Per persoon
Karavane te huur
R250 per nag
1 persoon
R250 per nag
2 persone
R375 per nag
3 persone / R10 kinders
R400 per nag
4 persone

 
Tariewe vir die chalets is as volg:
 

4-Bed Chalet

6-Bed Luukse Chalet

Tariewe

Persone

Tariewe

Persone

R500 per nag

1 Persoon

R600 per nag

2 persone

R500 per nag

2 persone

R600 per nag

2 persone

R650 per nag

3 persone

R700 per nag

3 persoon

R850 per nag

4 persone

R850 per nag

4 persone

 

 

R1 100 per nag

6 persone

Kinders – R10

 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM KAMP NET BUITE PRETORIA!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum