Jy is hier >   Oorde > Gauteng > Ngonyama Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Ngonyama Karavaanpark

 
StarStar



View Ngonyama Karavaanpark in a larger map

TEL: 011 953 1511 of 082 928 3234
E-POS:
URL: Teks www.ngonyama.caravanparks.co.za
GPS: S26 04.581 E27 42.573

Ngonyama Karavaanpark is geleë in die 1500ha Krugersdorp Wild-reservaat. Die golwende grasveld en ongerepte bos van die park verleen tuiste aan 34 soogdier-spesies, insluitende vier van die Groot 5 en ongeveer 170 voëlspesies.

 

HOE KOM JY DAAR:
Neem die R24 Johannesburg. By die Gilooly’s wisselkruising neem die N3 Pretoria en dan die N1 Roodepoort (Wes). Neem die 14de Laan afrit, draai regs (Wes) , ry onderdeur die hoofweg en regs in Hendrik Potgieter Rylaan. Ry vir ±20km, draai links by die R28/N14 (Paardekraal Rylaan) , ry aan vir 5km. Draai regs in Robert Broom en ry aan vir ±9km. Draai regs by die T-aansluiting buitekant Krugersdorp rigting Rustenburg op die R24. Kyk uit vir die aanwysingsborde wat die oord aanwys op regterkant.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!
 

KAMPERING:
Ngonyama Karavaanpark beskik oor 52 staanplekke tenvolle toegerus en kan tot 70 karavane huisves met byeenkomste. Al die staanplekke is toegerus met ‘n 15amp kragpunt. Ons 5-ster ablusie is topklas en sluit opwas geriewe en wassery in.

 

AKTIWITEITE:
Ngonyama Leeu Oord Kamp en Konferensie Sentrum is geleë in die hartjie van die Reservaat en spog met ‘n uitstekende restaurant en dameskroeg. Besigtig en geniet ‘n oorvloed van wild te perd op verskeie roetes deur die park. Ook baie gewild is warmlugballon ritte en vir die dapper vakansieganger hangsweef. Vir die wat van inkopies hou, is daar die pragtige skeppings van verskeie kunstenaars op uitstalling by die bekende Krokodil Wandeling roete – net ‘n ½uur se ry vanaf die Park. Nog besienswaardighede is die bekende geskiedkundige “Cradle of Mankind” by die Sterkfonteingrotte, die Wêreld Erfenis Gebied en die opelug Stoom Enjin Spoorweg Museum net buitekant Krugersdorp.

 

VIR KINDERS:
2 x Swembaddens, speletjieskamer, klimraam en  vlugbal.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM BESIGTIG ONS WILD TERWYL JULLE KAMP!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum