Jy is hier >   Oorde > Gauteng > Malonjeni Gasteplaas
Register   |  Teken aan

Malonjeni Gasteplaas

 

 
 



Aanskou Malonjeni Gasteplaas in 'n groter kaart

TEL: 016 424 5932
E-POS: bookings@malonjeni.co.za
URL: www.malonjeni.co.za
GPS: S26 36.159 E28 09.689

Malonjeni Gasteplaas “Plek van bymekaarkom” bied jou als in een, gasvryheid van ‘n klein dorpie, Afrika op jou voorstoep tot ‘n rustige plaas atmosfeer.Die 270h gasteplaas verleen tuiste aan wild soos die Swartwildebeest, Rooihartbees, Springbok, Blesbok, Zebra en Afrika se grootste wildsbok – die Eland.

 

HOE KOM JY DAAR: 
Vanaf Vereeniging, Hoofweg R59. Neem die 1ste afdraai na die Blokhuis 1-Stop Petrolstasie. Draai links vanaf die Hoofweg afdraai. Draai regs by die T-aansluiting stop in Daleside (1km van R59). Volgende stop, draai links (2km van R59). Ry reguit oor die volgende stop (winkel aan regterkant). Ry verby Suikerbosrand. Ry reguit oor volgende stop (15.7km van R59). Ry verby hoë radio antenna aan regterkant. By volgende stop (R42) draai regs (21.3km van R59). Malonjeni ingang 2km verder aan die linkerkant.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Die Hoofkamp: Die Hoofkamp spog met moderne fasiliteite. Daar is 180 staanplekke elk met sy eie kragpunt. ‘n Paar staanplekke is skadu bedek. Voortreflike ablusie fasiliteite, 2 x familie badkamers, sprankelende swembad met “kiddies” swembad, ‘n snoepwinkel, “Sports Bar met Big Screen TV”, tafeltennis en pooltafels. Naby geleë is die BMX rybaan, hindernisbaan en speelparkie.

 
Die Boskamp: Die Boskamp met sy 80 staanplekke is gebou vir die avontuurlustige karavaner en kampeerder en is geleë teen ‘n koppie met ‘n pragtige uitsig oor die vallei. Die nodige fasiliteite is voorsiening voor gemaak: kragpunt, netjiese ablusie, natuurlike swembad en ‘n lapa vir ±100 gaste. Geleë binne loopafstand vanaf die Hoofkamp en alle geriewe.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Ons bied ‘n prettige Trekker en Sleepwa wildrit aan en vir die fikse vakansieganger, wildsbesigtiging op verskeie staproetes. Klim die koppie en lê besoek af by die ou Afrika Ruïnes aan die onderkant van die koppie. Besoek die historiese begrafplaas. Vir die gholf entoesias is daar die Meyerton Gholfbaan net 20km vanaf die gasteplaas. Bykomend tot ons eie Malongeni dam met ‘n groot voorsiening van vis, is daar nog ‘n dam 1km vanaf ons hek. Die aangresende plaas bied 4x4 roetes aan vir die grondpad entoesiaste.

 

VIR KINDERS:
Geleë naby die Hoofkamp is ‘n pragtige plaaswerf waar kinders en volwassenes die genot kan ervaar om met bokke, skape, perde, esels, kalkoene, hoenders, eende, die vreemde pou, tarentale, en hasies te kan baljaar en voer.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  ONS TREKKER EN SLEEPWA RIT SAL JOU STRES LAAT WEGSMELT!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum