Magalies Sleepy River Karavaanpark

 
 



Aanskou Magalies Sleepy River Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 014 577 1524
E-POS: elske@mweb.co.za
URL: www.magaliessleepyriver.co.za
GPS: S25 56.289 E27 35.537

Verlaat die spanning en lawaai van die stad vir die rus en vrede van Magalies Sleepy River. Geleë langs die oewer van die Magalies rivier met sy pragtige ongerepte natuurskoon, plantegroei en inheemse bome. Net 60min se ry van Johannesburg en 30min se ry van Krugersdorp.

 

HOE KOM JY DAAR:
Neem die N14 vanaf Pretoria na Krugersdorp. Draai regs, rigting Hekpoort afdraai, ry aan tot by T-aansluiting (R563). Draai regs, neem die vurk rigting Hekpoort. Ry aan vir ±20km, draai links in pad gemerk T1. Hier sal verskeie naamborde van vakansie oorde wees. Ry aan vir 5km tot by ons hek.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING: 
Ons staanplekke geleë onder weelderige skaduwee bome en grasgroen grasperke, beskik elk oor sy eie kragpunt en braai area. Ablusie is sentraal geleë (toilette, baddens en storte) met wassery en opwas geriewe en word daagliks skoon gemaak.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Kies een van ons verskeie voetslaan padjies, vir die wat van loop hou en geniet die wonderlike natuurlike natuurskoon tonele met volop voël spesies om uit te ken. Magalies Sleepy River is sentraal geleë en die omgewing is vol opwindende aktiwiteite soos: perdry, uitstappie af in ‘n goudmyn, volstruis plaas en verskeie tee tuine, restaurante, kunsgallerye, antieke winkels en staproetes in die Magalies Meander.

 

VIR KINDERS:
Groot groen grasperke om speletjies te speel, swembad.

 

TARIEWE:
 

Staanplek
Volwassenes
Kinders onder 7jaar
Karavaanstaanplek
R80 per persoon per nag
R30 per nag
Kampstaanplek
R80 per persoon per nag
R30 per nag

 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM KAMP LANGS DIE RIVIER!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum