Jy is hier >   Oorde > Gauteng > Koppisol Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Koppisol Karavaanpark

 


TEL: 016 5561 112
E-POS: koppisol@cyberserve.co.za
URL: http://www.sa-venues.com/visit/koppisolklub
GPS: S26° 33' 45.36", E27° 55' 48.78"

Koppisol vakansieoord bied 'n verskeidenheid van akkomodasie. Daar is 'n keuse van gewone of luukse huisies beskikbaar as selfsorg wat goed toegerus is en daagliks skoon gemaak word. Die karavaanpark bied lieflike lowergroen staanplekke, lekker skaduwee met groot swembaddens en ander aktiwiteite.

Die karavaanpark is in 'n baie rustige area geleë en net 'n halfuur se ry vanuit Johannesburg. Hierdie is die ideale plek om heen te ontvlug van die besige stadslewe. Vêr genoeg om te ontsnap maar ook naby genoeg om vinnig terug te haas indien nodig.  Sekuriteit is top prioriteit by die park en is omring met veiligheidsheinings en toegang tot die park word beheer met 'n bemande 24 uur toegangsbeheerpunt. 

HOE KOM JY DAAR:
Die karavaanpark is ongeveer 35 km vanaf Johannesburg en 12 km van Vereeninging. Dis geleë aan die westekant van die R82 pad (Johannesburg Road).

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

KAMPERING:
Die park het 100 staanplekke wat elk ongeveer 150m2 groot is.  Die park het baie bome met pragtige groen grasperke. Die paaie is geplaveer. Elk staanplek het elektriese krag en sy eie geboude braaiarea. Die ablusiegeriewe is skoon en modern, met gas waterverwarming wat heeltyd warm water verseker.

Staanplekke met privaat geriewe is ook beskikbaar. Die privaat geriewe bestaan uit 'n onderdak braaiarea, eie kombuis en badkamer met stort, bad en wasbak. Daar is ook 'n DSTV punt en gaste moet hulle eie televisie en dekodeerder saambring om gebruik te kan maak hiervan.

Let asseblief daarop dat alleen tente op 'n staanplek nie toegelaat word nie.

VIR KINDERS:
Koppisol het 'n wye verskeidenheid vermaak vir die hele familie. Ouers kan 'n bietjie 'alleen tyd' kry as die kinders hulle geniet by die warm swembad (verwarm oor naweke en skoolvakansies 1 Sept tot einde April), koue swembad, waterwurm, foefie slide of trampoliene. Verder is daar ook tafeltennis, vlugbal, buite skaak, 'n kinder speelarea en 'n babaswembad wat hulle ure sal besig hou. Mini gholf, snoeker en pool kan ook gespeel word teen 'n nominale fooi. Gedurende vakansies word vakansieprogramme aangebied vir oud en jonk.

TARIEWE:
Skakel gerus die park by bogenoemde nommers vir meer inligting.

 GLIP WEG VAN DIE STAD SE LAWAAI EN KOM KRY RUS VIR JOU SIEL! 

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum