Jy is hier >   Oorde > Gauteng > Hennops Pride Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Hennops Pride Karavaanpark

 

 

 



Aanskou Hennops Pride Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 012 659 0043
E-POS: Deur webbladsy
URL: www.hennopspride.caravanparks.co.za
GPS: S25 50.250 E27 58.522

Hennops Pride ‘n ware paradys geleë in die Schurveberg is net 45 min se ry van Johannesburg en 30 min se ry van Pretoria. ‘n Pragtige familie oord geleë op die oewers van die kronkelende Hennopsrivier in die aangrypende Hennopsrivier vallei.

 

HOE KOM JY DAAR:
Ry in ‘n Noordelike rigting op die William Nicole verby Fourways Mall, Indaba Hotel en Diepsloot. Ry onderdeur die R28 Krugersdorp Hoofweg en ry aan vir 3.6km. Draai links in op die R511 en ry aan vir 8km. (Aanwysingsbord lees Hartbeespoort en Brits) Ry verby die Idle Winds Konferensie Sentrum. Ry aan vir 40m nadat jy die eerste rivier oor gesteek het, draai links in Hennops Pride.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Hennops Pride is ‘n hypermodern karavaan en kampeer park, met 45 ruim skadubedekte staanplekke elk met sy eie kragpunt en waterpunt naby geleë. Ons spog met netjiese moderne ablusie met storte en baddens en genoeg warm water, opwas fasiliteite en wassery.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Ons aktiwiteite maak Hennops Pride die perfekte wegkom plek vir jou en jou familie. Geniet ons 6 x swembaddens, gerieflik geleë en omring deur betowerende inheemse bome en fynbos, pragtige grasperke vir die son liefhebber wat net wil rondluier. 2 x Tennisbane vir die sportiewe vakansieganger. Hier kan jy die nabyheid van die natuur op sy beste ondervind. Bergfietsroetes duidelik uitgelê en gemerk in die uitgestrekte platteland, skilderagtige staproetes, voëlkyk paradys, visvang in die Hennopsrivier, piekniek en braai areas opgerig langs die rustige oewer van die Hennopsrivier.

 
Vir die meer avontuurlustige vakansieganger is daar die Hennops 4x4 roete wat sal sorg vir ‘n verfrissende ondervinding. Die roete is so uitgelê, sodat die beginner en die eg 4x4'er tot sy uiterste getoets sal word. Ander naby geleë aktiwiteite sluit in: bergklim, museums, natuurreservate, gholfbaan en die Krokodil/Diere Plaas.

 

VIR KINDERS:
Water glybaan met swembad, minigholf, volleybal, pooltafels Vermaaklikheidsprogramme word aangebied gedurende skoolvakansies

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  ONS IS NET BUITE PRETORIA!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum