Jy is hier >   Oorde > Gauteng > Hartbeespoort Oord
Register   |  Teken aan

Hartbeespoort Oord

 
 

 


TEL: 012 200 9902 of 3
E-POS: hartbeespoortresort@infogro.co.za
URL: http://www.hartbeespoortoord-resort.co.za/
GPS: 25°42'12.59"S, 27°51'12.95"E

 

Welkom by die Hartbeespoort Oord, ‘n juweel van 20 hektaar, snoesig geleë teen die voet van die Magaliesberg met afwisselende groen gras en inheemse woud terrein. Die Hartbeespoort omgewing het die laaste paar jaar in ‘n moderne vooruitgaande dorp ontwikkel en bied ‘n groot verskeidenheid restaurante en vermaak.
 

HOE KOM JY DAAR:
Volg die N4 na Hartbeespoort vanaf Pretoria na Rustenburg. Na die Brits Tolhek draai links na Hartbeespoort. By die Ifafi 4 rigting-stop draai regs. Ry aan tot by die T-aansluiting en draai dan na links. Ry oor Zilkaatsnek. By die Sasolstasie draai links. 3km verder is die Hartbeespoort Oord ingang.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Die Oord spog met 120 karavaan staanplekke elkeen met sy eie kragpunt. Oor as genoeg plek om ‘n tent op te slaan, baie privaat staanplekke, weg van almal en alles. Uiters skoon ablusieblokke.

Die 20 hektaar oord bied genoeg geleentheid om ‘n staproete in die bos aan te pak. Die Hartbeespoort dam area bied ook ‘n verskeidenheid vlooimarkte, die bekende kaasplaas, verskeie kuns gallerye en ander toerisme aktiwiteite.
 

VIR KINDERS:
Gholf dryfbaan, putt-putt, swembad, trampolien, kinder speelterrein en skaatsbaan.

 

TARIEWE:
Skakel gerus die oord by bogenoemde kontakdetails vir meer inligting.

 

KOM BESOEK ONS AAN DIE VOET VAN DIE MAGALIESBERG!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum