Eastco Magaliesburg Karavaanpark

 
StarStarStarStar



Aanskou Eastco Magaliesburg Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 082 885 1994
E-POS: liezel@wdbs.co.za
URL: www.eastcomagalies.co.za
GPS: S25 57.17 E 27 30.46

Hierdie pragtige karavaanpark is in die Magaliesberge geleë net buite Pretoria. Die Magaliesberge is bekend vir hulle natuurskoon, ongerepte plantegroei . ‘n Vakansie by ons verseker dat jy jou battery kan herlaai en weer kans sien vir die stadslewe.

 

HOE KOM JY DAAR:
Neem die R24 en ry in die rigting van Magaliesberg na Sun City. 7km buite Magalsieberg neem die Thorndalepad afdraai na links en ry in ons karavaanpark in.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons 52 staanplekke is onder skadunette, koeltebome of staan in sonskyn. Elke staanplek het sy eie krag-, waterpunt en braaiarea. Ons ablusie is uiters netjies en skoon en ons het ook ‘n wassery en aparte opwas.

 

AKTIWITEITE:
Maak ‘n lyn nat in ons dam. Besoek die bekende geskiedkundige “Cradle of Mankind”, Spionkop of Sterfonteingrotte. Die “Lion en Rhinopark” is ook net ‘n klip gooi weg. Besoek ander bekende wildreservate in die omgewing en geniet ‘n wildtoer of stap een van die baie staproetes. Besoek verskeie visvang plekke langs die Hartebeespoortdam of besoek die Hartbeeshoek Radio Sterrewagsentrum. Speel ‘n potjie gholf by die Magaliesberg Gholfbaan of sit langs die rivieroewer met ‘n skemerkelkie in jou hand. Huur 'n "quad-bike" en ry op een van ons roetes en verken die omgewing langs die rivier.

 

VIR KINDERS:
Visvang, speelterrein en ‘n swembad.

 

TARIEWE:
 

Karavaanstaanplek
Weeksdae
Naweke
Binne seisoen
2 Persone
R151
R195
R231
3 Persone
R160
R207
R243
4 Persone
R170
R219
R254
5 Persone
R180
R231
R266
6 Persone
R190
R243
R278

 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommer om verdere tariewe te kry.

 

  KOM KAMP 'N KLIPGOOI VANAF JOHANNESBURG!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum