Jy is hier >   Oorde > Gauteng > Country Park
Register   |  Teken aan

Country Park

 
StarStarStarStar



View Country Park in a larger map

TEL: 071 694 7030 of 083 256 7000
E-POS: info@countrypark.co.za
URL: www.countrypark.co.za
GPS: S26 3.274 E27 52.525

Country Park is ‘n ideale oornag stopplek vir internasionale toeriste en Suid Afrikaners. Die park sorg vir ‘n opregte ontspannende gevoel in die hartjie van ‘n besige Afrika stad.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf die N1 Hoofweg (Roodepoort/Bloemfontein), neem die Beyers Naude Rylaan afrit. Reis in ‘n westelike rigting, weg van Johannesburg na Honeydew/Muldersdrift vir 10.5km, gemeet vanaf die middel van die N1 Hoofweg brug tot by ons afdraai, Incolae Weg. (Jy gaan verby Life Style, Honeydew Ferreira’s, Honeydew Toyota Trok Divisie, ‘n Caltex Motorhawe en oor Peter Weg).

 
Nadat jy oor die Peterwegkruising is, draai links by die 2de straat, Incolaeweg, tussen Edon Traders en ‘n plaaslike supermark. Ry vir ±900m aan in Incolaeweg, waar jy Country Park se ingang sal kry aan jou linkerkant.
 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons karavaan en kampstaanplekke is geskik vir die oornag reisiger, familie of klub en groep byeenkomste. Elke grasbedekte staanplek het ‘n 15amp krag- en waterpunt. Private piekniek of braai area’s. Ons netjiese ablusieblok bied die volgende fasaliteite aan: familie badkamers, mans- en dames storte en toilette asook ‘n opwas area en wasgoedlynne.

In die middle van ons karavaan / kampstaanplekke is ‘n lapa opgerig met afrol kante vir beskerming teen gure weer, ‘n beskutte kaggel, mobiele braai’s en klip vuurputte, yskas water- en kragpunte vir ‘n welverdiende kuier saam vriende en familie. Besprekings noodsaaklik.

 

AKTIWITEITE:
Besigtig ons verskeie wildsoorte en asemrowende panoramiese uitsig van die omringende koppies en berge van die Witwatersrand & Magalies Meander. Vir die meer avontuurlustige vakansieganger is daar veel te doen in die nabyheid, van grotverkenning tot warm lugballon ritte, staproetes tot perdry, helicopter vliegtoggies tot Canopy” toere. Vir die wat net wil ontspan is daar verskeie gesondheids spa’s in die omgewing om ontslae te raak van al die stress wat die stadslewe aanvuur. Country Park is sentraal geleë en die omgewing bied niks minder as 24h vermaak, 7 dae ‘n week aan. Die diversiteit van die omgewing is oneindig en sorg vir vele ure van pret en plesier.

 

VIR KINDERS:
‘n Swembad, trampolien, klimraam met sandput en pooltafels.

 

TARIEWE:
 

Kampplek
Tariewe
Persone
Tent / Karavaanplek
R120 per nag
Maks 4 persone
R10 per nag
Elk per persoon ekstra

  IN DIE HARTJIE VAN DIE GOUDSTAD!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum